Proteas is nou eerste op IKR-toetsranglys

Krieket: Suid-Afrika het die eerste posisie in die Internasionale Krieketraad se toetsranglys oorgeneem toe Australië teen Sri Lanka verloor het in die tweede toets in Galle. Australië is nou tweede in die huidige Toetskampioenskaps-tydperk en Sri Lanka derde, gevolg deur Pakistan, Indië en die Wes-Indiese Eilande. Die Proteas is tans in Brittanje vir ‘n toer wat bestaan uit drie eendagwedstryde teen Engeland, drie T20s elk teen Engeland en Ierland, en drie toetse teen Engeland wat op 17 Augustus begin.