Geslagsgeweld in SA skaad morele aansien

Die vlaag van geslagsgeweld in Suid-Afrika word beskryf as ‘n aanklag teen die morele aansien van die land. Dit is die siening van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. Sy het die jaarlikse Mans-parlement op die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek. Dlamini-Zuma het aan afgevaardigdes gesê die vroue en kinders van Suid-Afrika is nie veilig nie. Sy sê dit is ‘n aanduiding van die afwyking van Afrika se waardes rondom ubuntu en menslike ordentlikheid. Die byeenkoms sluit mans van verskillende sektore van die samelewing in.