Veebemarking bly styg

Totale veebemarking wat die slag en uitvoer van vee insluit, het hoër vlakke aangeteken deur die grootste deel van 2022. Beesbemarking het met 4,4 persent toegeneem, terwyl skaapbemarking met 43 gestyg het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar vanaf Januarie tot Oktober. Suid-Afrika en Botswana was die enigste uitvoer-bestemmings vir onderskeidelik skaap- en varkprodukte, terwyl die meeste beesvleisprodukte na die Europese Unie, Suid-Afrika, China en Noorweë gegaan het. Volgens Simonis Storm se landbouverslag van Oktober behoort hierdie vlakke grootliks groei in die landboubedryf te ondersteun, aangesien vee die grootste subsektor in die bedryf is. Namibiese landboukenner Wallie Roux gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê as die reënval die komende reënseinsoen so goed soos dié van verlede jaar is, kan dit belowend vir die land wees.