DA: Tembisa-hospitaal ontslaan pasiënte weens tekort aan beddens

Die DA in Gauteng sê die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni ontslaan pasiënte weens ‘n ernstige tekort aan beddens en dit stel hulle lewens in gevaar. Die party sê die 65-jarige Mantoa Mokoena is ontslaan hoewel sy nog baie siek was. Haar familie beweer sy het voor haar opname in die hospitaal nie enige bedsere gehad nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Refiloe Nt’sekhe, sê die party het foto’s ontvang wat wys hoe sy tans lyk.