Geslags-aktivis bekommerd oor geslagsgeweld in die Ohangwena-streek

‘n Namibiese geslags-aktivis het gereageer op geslagsgeweld-syfer wat die hoogte ingeskiet het in die Ohangwena-streek. Van die 4 491 misdade wat in die 2021/22-boekjaar aangemeld is, was 3 131 geslagsgeweld-sake. Die streek se goewerneur Walde Ndevashiya sê van al die misdaadsake wat aangemeld is, was geslagsgeweld bo-aan die lys, gevolg deur 983 diefstal-sake, 667 aanrandings, 516 huisbrake, 185 verkragtings, 123 rooftogte en 101 gevalle van veediefstal. Geslags-aktivis Linda Bauman sê aan Kosmos 94.1 Nuus polisiedienste in dié dorpe moet verskerp word.

Sy sê die statistieke is kommerwekkend.