Namibiese Produsente Prys-indeks: Bierpryse styg

Die Namibiese Produsente Prys-indeks vir die vervaardiging van mout en moutdranke soos bier, het gedurende die eerste kwartaal van 2022 tot 131,2 basispunte toegeneem, 6,4 basispunte meer as die 124,8 basispunte wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2021 aangeteken is. Dit behels ‘n jaarlikse groeikoers van 5,1 persent in die pryse van goedere vervaardig binne hierdie sektor, in vergelyking met die pryse van verlede jaar. Die indeks is vandag deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gestel.