Gesinsgeweld neem toe in SA

Daar is ‘n beduidende toename in die aantal gesinsgeweld-gevalle wat by Suid-Afrikaanse polisiestasies aangemeld word. Dit is onthul in die Kommissie vir Geslagsgelykheid se verslag oor die gereedheid van die polisie om geslagsgeweldgevalle te hanteer. Die kommissie het polisiestasies, gebiede wat as brandpunte beskou word en geriewe vir die oorlewendes van geslagsgeweld besoek om die studie te doen. Die waarnemende voorsitter van die kommissie, Nthabiseng Moleko, sê die verslag het bevind baie van die sake wat aangemeld word, val weg weens die lang hofprosesse: