Botswana rig brandstofbergingsfasiliteit by Namport op

Botswana Oil sal volgende maand brandstofbergingsfasiliteite by Mosambiekse en Namibiese hawens vestig om die land se strategiese oliereserwes te verdubbel en ‘n buffer bied teen dalende raffineringskapasiteit in Suid-Afrika. Op die oomblik kan Botswana net 15 dae se voorraad berg maar die fasiliteite by Namport en in Mosambiek sal voorrade opstoot na 30 dae. Botswana verbruik ongeveer 100 miljoen liter verskillende brandstowwe maandeliks en ontvang byna al sy voorrade van Suid-Afrika. Volgens Botswana Oil het Suid-Afrika se raffineringskapasiteit van 703 000 vate olie per dag in Maart 2020 gedaal tot 303 000 vate per dag en invoere moet daar ook plaasvind om die gaping aan te vul.