Tiger Woods is sterk teen LIV gekant

Die 15-malige major-wenner Tiger Woods het hom sterk teen die LIV-gholfreeks van Saoedi-Arabië uitgespreek. Hy sê met voorafbetaalde vertonings is daar geen aansporing vir spelers om die spel te leer nie en hulle kan ook moontlik uitgesluit word uit die PGA-reeks.