Gesigmaskers kan maar waai in SA, sê professor

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, raadpleeg provinsiale LUR’e oor of die land moet wegdoen met gesigmaskers. Die minister oorweeg dit om van die Covid-19-regulasies te verwyder aangesien besmettings steeds afneem. Gesondheidskundiges ondersteun die idee en is van mening dit moes al lankal gebeur het. ‘n Professor aan die Wits Universiteit, Alex van der Heever, sê die land is gereed vir die verslapping van verdere beperkings: