Geregtigheid vir dood van Kaapse hawelose man gesoek

Twee politieke partye sê die Veiligheidseenheid van die Stad Kaapstad is buite beheer. Dit volg op die dood van ‘n hawelose man oor die naweek. Die ANC-koukus in die raad het die minister van polisie, Bheki Cele, versoek om ondersoek in te stel by die Metro se wetstoepassingseenheid. Die sekretaris-generaal van die Good-party, Brett Herron, sê hulle eis geregtigheid vir die hawelose man.