Amerika se inflasie is die hoogste sedert 1982

Amerikaanse inflasie het tot sy hoogste vlak sedert Junie 1982 gestyg. Internasionale nuusagentskappe berig die syfer bevestig die krag van die inflasiegolf wat President Joe Biden teister soos wat die ekonomie van die Covid-pandemie herstel. Die land se regering het bekendgemaak dat die verbruikersprys-indeks tot sewe persent gestyg het. Behuising, motors en energie is die grootste bydraers tot die inflasie. Die maand-tot-maand inflasie het in November met nul-komma-vyf persent verlangsaam wat ‘n aanduiding is dat prysverhogings dalk hul piek nader.