Kankervereniging bied môre gratis papsmere, prostaatkankertoetse aan

Die Kankervereniging van Namibië bied môreoggend vanaf agt-uur gratis papsmeertoetse vir vroue en prostaatkankertoetse vir mans by die Khomas-streeksraad se kantoor by die Moses llGaroeb-kiesafdeling aan. Die kantoor is in Outapistraat 670, oorkant U-Save Shoprite in Havana. Die uitvoerende hoof van die vereniging Rolf Hansen is aan die woord.