Geniet ‘n glasie melk vandag

Vandag is Wêreldmelkdag en volgens die jongste markneigings het suiwel-uitvoere verlede jaar ‘n algehele hoogtepunt bereik. Suid-Afrika het in 2020 460 miljoen liter melk uitgevoer met die Wes-Kaap wat bykans 30 persent van die melk in die land produseer. Die provinsie se minister van Landbou, Ivan Meyer, sê wat uitvoere betref, is die provinsie ‘n netto-uitvoerder van melk en room en die bedryf het die afgelope tien jaar jaarliks met gemiddeld nege persent gegroei.