Ingeënte mense kan newe-effekte ondervind

In die buurland sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes mense wat teen Covid-19 ingeënt word, kan moontlik ‘n aantal newe-effekte ondervind. Suid-Afrika wil sy inentings oor die volgende paar maande aansienlik versnel om oor die volgende jaar 40 miljoen volwassenes in te ent. Professor Adrian Puren van die instituut sê die simptome wat mense kan ondervind, is die gevolg van die liggaam wat immuniteit teen die siekte opbou en kan koors en hoofpyn insluit.