Afcon: Nuwe stadion, oomblik van stilte na stormloop

Die Afrikanasiesbeker se kwarteindronde sal op ‘n ander stadion gespeel word. Dit volg ná ‘n voorval waarin agt mense dood en 38 beseer is tydens ‘n stormloop, toe ondersteuners probeer het om die Olembe-stadion in Yaounde binne te gaan. Die Konfederasie van Afrikasokker se president, Patrice Motsepe, het bevestig die wedstryde sal plaasvind op ‘n sokkerveld wat reeds in die toernooi gebruik word: