Gemeenskap soek hof-interdik teen Recon

Die Ncumcara gemeenskap woudbestuurskomitee, saam met drie ander komitees en verenigings, het ‘n dringende aansoek vanoggend in die hoërhof voor regter Esi Schimming-Chase. Hulle eis ‘n interdik teen ReconAfrica se besluit om sy omgewingsklaringsertifikaat van 15 Junie vanjaar in werking te stel. Hulle vra ook die hof vir ‘n bevel om alle olie- en gaseksplorasieaktiwiteite wat deur die omgewingskommissaris gemagtig is, onmiddellik te staak en dat die omgewingsminister Recon opdrag moet gee om ‘n nuwe aansoek te bring vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat. Daar is agt respondente gelys wat ook die minister van myne en energie, die petroleumkommissaris en Namcor insluit.