NamRA werk om grense te versterk

Die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA gaan ‘n program in Namibië bekendstel wat daarop gemik is om doeltreffendheid in die invoer en uitvoer van goedere te verbeter. Die amptelike bekendstelling sal gevolg word deur ‘n sessie met belanghebbendes oor hoe die program in Namibië geïmplementeer sal word. Die program sal bekendgestel word deur die sekretaris-generaal van die Wêreld Doeane-organisasie, dr. Kunio Mikuriya. Tonateni Shidhudhu, NamRA se kommunikasiebestuurder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.