Tshwane betaal sy skuld, amper ‘n miljard, aan Eskom

Eskom het bevestig die Stad Tshwane het die 876 miljoen Suid-Afrikaanse rand skuld wat gister betaalbaar was, aan die kragvoorsiener vereffen. Die stad sê hy moes betalings aan ander krediteure uitstel om Eskom te betaal. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê ongereelde betalings die afgelope jaar het bygedra tot sy skuldlas wat al groter word en sy likiditeit, finansiële prestasie en volhoubaarheid geraak het: