Geingob verbind Namibië tot uitwissing van steenkool

President Hage Geingob het die COP26-beraad toegespreek. Behalwe vir die feit dat hy Namibië verbind het tot die 1,5 grade Celsius-teiken van die VN, het hy bygevoeg dat sy regering met SAOG-lidlande sal saamwerk om, soos hy gesê het, die gebruik van steenkool deel van die geskiedenis te maak.

Suid-Afrika, wat 12de ter wêreld geplaas is vir kweekhuisgasse, en eerste in Afrika is, maak staat op steenkool vir kragopwekking.