SA-verkiesings – uitslae sal op tyd wees

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Suid-Afrika sê die tel van stemme in 94 munisipaliteite is afgehandel en hulle sal geen moeite ontsien om die res voor die sperdatum te voltooi nie. Die Noord-Kaap het 89 persent van sy uitslae afgehandel, gevolg deur die Wes-Kaap met 72 persent en die Oos-Kaap met 70 persent. In die res van die provinsies is tussen 37 en 67 persent reeds verwerk. Die kommissie se kommissaris, Mosotho Moepya, sê daar kan rekenskap gegee word van elke persoon wat gestem het: