Ekonoom sê oor middeltermyn begroting

Die middeltermyn begroting sal vanmiddag deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi in die parlement ter tafel gelê word. Die middeltermyn begroting is om die finansiële vereistes van die staat te hersien vir die res van die finansiële jaar wat op 31 Maart 2022 eindig. Die dekaan in die fakulteit van ekonomie van die Universiteit van Namibië, dr. Jacob Nyambe, sê in dié begroting sal daar hoofsaaklik op volhoubare groei gefokus word.