Amushelelo het politieke magte teen hom – Amoomo

Michael Amushelelo sal in die hoërhof appelleer teen die weiering van borg in die Windhoek-landdroshof. Sy prokureur, Kadhila Amoomo sê die aanklaer-generaal staan steeds borg teen. Amoomo voeg by dat die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo ook sy kliënt in die hoërhof dagvaar vir laster en hy maak die aantyging indirek dat dit ook ‘n rol speel na Amushelelo se arrestasie op 21 Maart. Hy sê dit gaan goed met sy kliënt en hy bly positief al het hy ‘n magdom politieke magte wat teen hom werk. ‘n Datum sal deurgegee word sodra die hoërhof dit bepaal.