Geingob bespreek SAOG-veiligheidsuitdagings met Koning Mwati III van Eswantini

President Hage Geingob as voorsitter van die SAOG se Orgaan vir Politiek, Verdediging en Veiligheid, het Vrydag ‘n hoflikheidsbesoek aan Koning Mwati III van die Koninkryk van Eswatini by die Lozitha-paleis in Mbabane afgelê. Volgens Geingob sal die SAOG se Orgaan Troika binnekort vergader wat sal fokus op alle veiligheidsuitdagings in die SAOG-streek, insluitend die voorvalle van spanning in Eswatini, gevegte in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo, en streekspogings om Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie te stabiliseer.