Vroue gaan ook nou in Formele 1 jaag

Motorsport: Formule Een het amptelik die stigting van ‘n wedren-reeks slegs vir vroue aangekondig wat in 2023 gaan begin. Die F1-akademie word bestuur en geldelik deur die sport se eienaars ondersteun met die doel om meer jong vroue te help om in motorwedrenne te vorder en uiteindelik aan die F1-kompetisie deel te neem. Die seisoen gaan oor sewe byeenkomste beslis word met drie wedrenne by elke geleentheid. Die kalender moet nog bevestig word, maar dit sal na verwagting een F1-naweek insluit.