ANC se groot kanonne in Kaapstad

Die ANC se tesourier-generaal, Paul Mashatile, en oudpresident Jacob Zuma besoek Kaapstad dié naweek. Die party berei hom voor vir sy Wes-Kaapse konferensie aan die einde van die maand, asook vir volgende maande se nasionale konferensie. Mashatile gaan die 33ste herdenking van die moord op die Mkhonto weSizwe-lid, Anton Fransch, in Athlone lei. Fransch is deur apartheids-veiligheidsmagte doodgeskiet. Zuma gaan na verwagting die ANC-jeugliga se politieke-opvoedingsvergadering in Philippi bywoon.