Vyf plase onder kwarantyn by Potch – oor bek- en klouseer

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in Noordwes het vyf plase onder kwarantyn geplaas nadat bek-en-klouseer in Potchefstroom uitgebreek het. Boere is aangeraai om op die uitkyk te wees vir kliniese simptome van die siekte en dit onmiddellik by die naaste staatsveearts aan te meld. Die departement se woordvoerder, Emelda Setlhako, sê ‘n span is gestuur om te verseker alle voorsorgmaatreëls is getref om die verdere verspreiding van die siekte te voorkom.