Geen besoekersboeke vir Biden se Delaware-huis nie

Die Withuis sê daar is geen besoekersboeke beskikbaar vir President Joe Biden se woning in Delaware nie. Dit volg nadat geklassifiseerde dokumente gevind is in ‘n privaat kantoor by die Penn Biden-sentrum, ‘n dinkskrum in Washington, asook in ‘n motorhuis by sy woonplek in Delaware. Republikeine in die Kongres het ‘n beroep op die Withuis gedoen om besoekersboeke van die president se wonings bekend te maak. Die voorsitter van die huis se oorsigkomitee, die Republikein James Comer, sê Biden se verkeerde hantering van geklassifiseerde materiaal laat die vraag ontstaan of hy Amerika se nasionale veiligheid in gedrang gebring het.