Gordhan, De Ruyter moet teen Vrydag antwoorde gee of regsgeding hanteer

Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan en die Eskom-hoof, André de Ruyter het tot Vrydag tyd om te reageer op ‘n brief met eise of regsaksie in die gesig te staar. Die brief waarin geëis word dat beurtkrag onmiddellik gestaak word, is uitgereik deur Mabuza Prokureurs en minstens ses ander regsfirmas, asook sommige leiers van politieke partye, die Nasionale Unie van Mynwerkers en talle organisasies sonder winsbejag. Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê die regering moet met ‘n duidelike plan vorendag kom om beurtkrag te beëindig: