Gedenkdiens vandag vir Elizabeth

‘n Routydperk van tien dae het amptelik in die Verenigde Koninkryk aangebreek wat tot koningin Elizabeth II se begrafnis sal duur. ‘n Gedenkdiens word vandag by die St. Paul-katedraal gehou en sal bygewoon word deur eerste minister Liz Truss en ander senior ministers. Klokke by Westminster-abdy, St. Paul-katedraal en Windsor-kasteel sal vandag beier om die monarg te gedenk. ‘n Saluut van 96 skote sal in Hyde-park afgevuur word om elke jaar van haar lewe te vier. Koning Charles III sal na verwagting vanaand die wêreld toespreek.