Noord-Korea verklaar homself as ‘n kernwapen-moondheid

Noord-Korea het amptelik die reg verskans om voorkomende kernaanvalle te gebruik om homself te beskerm in ‘n nuwe wet wat volgens Kim Jong Un, sy kernstatus onomkeerbaar maak. Die stap kom terwyl waarnemers sê dit lyk asof die land besig is om voor te berei om kerntoetsing vir die eerste keer sedert 2017 te hervat, ná die historiese beraad met destydse VSA. President Donald Trump en ander wêreldleiers het in 2018 nie daarin geslaag om Kim te oorreed om sy wapenontwikkeling te laat vaar nie.