Namibiese owerhede hou bek-en-klouseer in SA fyn dop

Die Namibiese landbouministerie het ‘n vergadering met belanghebbendes gehou om bek-en-klouseer te bespreek. Die ministerie van verdediging, die Vleisraad van Namibië, Meatco, die Namibiese polisie en ander belanghebbendes was by die vergadering teenwoordig. Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het intussen besluit om Donderdag die landwye verbod op die beweging van beeste op te hef ná die verbod van 21 dae. Dr. Albertina Shilongo, die hoofveeartsenybeampte in die Namibiese landbouministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sal voortgaan om hierdie vergaderings te hou totdat die kwessie van bek-en-klouseer onder beheer is in Suid-Afrika.