Gawanas-arrestasie: Nampol het nie dissipline nie

Meer inligting is bekend oor die arrestasie van die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas. Sy is blykbaar in hegtenis geneem na sy betrokke geraak het in ‘n onderonsie tussen lede van die Namibiese polisie en inwoners van Okahandja-park. Sy is volgens berigte ook aangerand deur lede van die mag. Eneas Emvula, die woordvoerder van die LPM-party, waarvan Gawanas ‘n lid is, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat.