Katti-hulle verleng eksplorasie-lisensie aflandig in Oranje-bekken

Die omstrede, plaaslike sakeman Knowledge Katti, het saam met sy vennote ‘n verlenging vir sy petroleum eksplorasie-lisensie PEL 83, van die ministerie van myne en energie verkry. Die ontwikkeling beteken dat die Toronto-gebaseerde Sintana Energy, volgende jaar ‘n put die Oranje-bekken, aflandig aan die kus van Namibië, sal boor. PEL 83 is direk bokant Blok 2913A, waar Shell sy Graff 1-ontdekking gemaak het, en grens aan Blok 2913B waar TotalEnergies sy Venus 1-ontdekking gemaak het. Katti is die stigter van Custos Energy en ‘n direkteur van Sintana. Daar is onlangs 3 miljard vate olie deur Shell ontdek en toe amper 13 miljard vate, die grootste ontdekking in jare, deur TotalEnergies gemaak.