Gautengers wakker geskud met aardbewing

Mense in Gauteng het vanoggend vroeg wakker geword van ‘n hewige skudding en gedreun. ‘n Matige aardbewing het dele van die provinsie om 02:38 getref.  Mense het op sosiale media die bewing en harde geraas bevraagteken en baie het ook foto’s geplaas van skade aan huise aan die Oos-Rand. Die Amerikaanse Geologiese Opname sê die aardbewing het ‘n voorlopige sterkte van vyf gehad. Dit sê die aardbeging het sowat 10 kilometer onder die oppervlak, sowat 16 kilometer suidoos van Johannesburg, getref. Dit plaas die episentrum rondom Katlehong aan die Oos-Rand. Mense het berig dat hulle skuddings so ver as Pretoria gevoel het.