Vier kinders wat vliegtuigongeluk oorleef, herstel in hospitaal

Vier kinders wat lewend in die Amasone-oerwoud in Colombië gevind is nadat hulle ‘n vliegtuigongeluk veertig dae tevore oorleef het, is met familielede herenig terwyl hulle in die hospitaal herstel. Die kinders van dertien, nege, vier en een jaar oud was saam net hul ma en nog twee volwassenes aan boord van ‘n vliegtuig wat op 1 Mei neergestort het. Reddingswerkers het sedert die ongeluk in die digte woud na hulle gesoek en later aanvaar dat hulle nie die gevaarlike diere en ander uitdagings kon oorleef nie. Hulle het egter babadoeke, kinderspore en vrugte met hapmerke gevind en besef die kinders leef. Die weermaglede wat die kinders gevind het, het die woord “milagro” wat wonderwerk in Spaans beteken, oor hul radio’s geroep as kode dat hulle al vier kinders lewend gevind is.