Venaani op massabegrafnis: Namibiërs vasgevang in honger en armoede

Die amptelike opposisieleier McHenry Venaani was van die politieke hoëlui wat die massabegrafnis van 16 slagoffers van vermoedelike voedselvergifting by Kayova in die Kavango-Oos-streek bygewoon het. Die slagoffers was tussen twee en 33 jaar oud, waarvan agt seuns en sewe meisies was. Die verdedigingsminister Frans Kapofi het die toespraak namens die regering gelewer waarin hy sê die regering  het die nuus met ‘n swaar hart ontvang. Hy het bygevoeg dat die tragiese voorval weens ‘n gebrek aan voedsel kon wees. Venaani sê dit is ‘n hartseer herinnering aan hoeveel Namibiërs vasgevang is deur honger en armoede, terwyl korrupsie en hebsug die norm geword het. Die goewerneur van die streek, Bonifatius Wakudumo, sê daar word nog steeds op die toetsuitslae van die laboratorium gewag.