Werkloosheidsversekering is plaaslik nodig

Die Namibiese Instituut vir Arbeidsbronne en Navorsing sê werkloosheidsversekering is plaaslik nodig. Die instituut het ‘n verslag bekendgestel en sê alle mense tussen die ouderdom van 18 en 60, en wat nie gestremd is nie, het geen maatskaplike beskerming nie. Die instituut sê talle begunstigdes wat gekwalifiseer het vir die eenmalige betaling van 750 dollar tydens die pandemie kon nie daarvoor aansoek doen nie omdat hulle nie toegang tot die internet gehad het nie, of, nie ‘n slimfoom gehad het nie. Meer as 12 000 mense het hul werk tydens die pandemie verloor en 815 maatskappye het hulle deure gesluit. Die instituut sê die regering se sogenaamde Maatskaplike Beskermingsbeleid vir 2021 tot 2030 maak ook geen melding van werkloosheidsverskering nie en lê die klem eerder op die volhoubaarheid van die huidige toelae.