Garnish Indiese Restaurant bied Indiese straatkosfees aan

Was jy al ooit in Indië en gesmul aan hul heerlike kerrie-geregte? Die Garnish Indiese Restaurant bring Indië na Windhoek se strate met hul Indiese Straatkosfees wat Vrydag begin en tot 8 Oktober duur. Die eienaar en organiseerder, Harsh Akheniya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is soveel lekkernye van die strate van Indië.