Mediclinic Suider-Afrika verplig Covid-inentings vir alle personeel, Namibiese gesondheidsministerie sê dis onwettig

Die hospitaalgroep Mediclinic in Suid-Afrika het besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak vir alle mense wat in sy hospitale werk, asook vir sy ander personeel. Die beleid word op 1 Oktober in werking gestel en gaan in fases ingestel word. Die finale sperdatum waarteen alle personeel ingeënt moet word, is 1 Februarie 2022. Mediclinic Suider-Afrika het vandag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit sluit personeel by hul Mediclinic-hospitale in Namibië in. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het gesê volgens Namibiese wette is inentings vrywillig en kan nie afgedwing word nie.