Pfizer-entstowwe gereed om in Namibië versprei te word

Die verspreiding van die 100 620 dosisse Pfizer-entstowwe in Namibië is nou gereed, het die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Petronella Masabane, bevestig. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê spesiale naalde vir die inspuitings vir Pfizer-entstowwe is nodig en dit is bestel toe Pfizer in die land aangekom het. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dié entstof wat onder baie koue omstandighede gestoor moet word, sal na die streke gestuur word wat oor die vereiste verkoelingsgeriewe beskik.