FW se familie sal verklaring uitreik oor sy gesondheid

Die FW de Klerk-stigting het gereageer op bespiegelings dat die voormalige president se gesondheid vinnig agteruitgaan en sê die familie sal ‘n verklaring uitreik indien daar enige verwikkelinge is. Die uitvoerende direkteur, Dave Steward, sê dit is welbekend dat apartheid se laaste president vroeër vanjaar gediagnoseer is met kanker wat die longweefsel aantas. Die 85-jarige De Klerk het immunoterapie-behandeling by ‘n Kaapstadse hospitaal ondergaan.