Renosterhorings: Besigheidsman, staatsamptenaar vas saam met polisieman en soldaat

Meer inligting is bekend oor die verskyning vandag van ‘n lid van die weermag en een van die polisie op klagte van renosterstropery. Die twee was volgens berigte verbonde aan die teenstropery eenhede in Etosha Nasionale Park. Hulle is blykbaar met agt renosterhorings Sondagaand betrap. Maar die jongste aanduidings is dat ‘n werknemer van die Okahao Dorpsraad en ‘n besigheidsman in die gebied ook in hegtenis geneem is in die verband. Dit wil voorkom asof die horings, wat om 10-uur die aand by Oshikango gevind is in die motor waarin die vier was, versteek was in voedsel verpakking. Dit is nog nie duidelik of hulle reeds in die Ohangwena-landdroshof verskyn het nie.