FW de Klerk sterf

Oudpresident FW de Klerk is vanoggend oorlede. Hy was 85. Die nuus is bevestig deur die FW de Klerk-stigting. De Klerk het ‘n lang stryd teen kanker gehad. Hy het in 1993 die Nobel Vredesprys met wyle Nelson Mandela gedeel. De Klerk sal onthou word vir sy bydrae om demokrasie in Suid-Afrika te bewerkstellig met die vrylating van Nelson Mandela na 27 jaar op Robben-eiland.