Aborsie-insette binnekort by die kus aangevra

Die parlementêre komitee op geslagsgelykheid sal binnekort Walvisbaai besoek om insette te hoor oor die wettiging van aborsie in die land. ‘n Geslagaktivis Linda Baumann sê dit is baie goeie nuus en ‘n teken dat die kwessie van belang is, op so aard dat insette van regoor die land aangevra word.