Frans Malherbe is Stormers-kaptein teen Ospreys

Rugby: Die ervare stut Frans Malherbe sal môreaand in Kaapstad die Stormers aanvoer in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Ospreys. Gary Porter en Adré Smith vorm ‘n splinternuwe slotpaar, terwyl Evan Roos saam met die flanke Nama Xaba en Hacjivah Dayimani in die lostrio opgeneem is. Dan du Plessis en Wandisile Simelane, wat vroeër die seisoen teen Edinburgh beïndruk het, sal weer die senterpaar wees. Paul de Wet en Damian Willemse wat op die bank begin, sal in die tweede helfte opdraf. Die wedstryd begin môreaand om kwart-oor-sewe.