Four Paws verskuif tien leeus

Die dierewelsynsorganisasie Four Paws het tien leeus by provinsiale owerhede oorgeneem nadat ‘n voldoeningskennisgewing uitgereik is aan ‘n Gautengse teelgerief. Die drie mannetjies en sewe wyfies is na die Lionsrock Big Cat-reservaat in die Vrystaat verskuif. Four Paws se woordvoer, Elize Parker, sê hulle hoop dat die vestiging van die departement van bosbou, visserye en die omgewing se leeu-taakspan die volgende stap sal wees vir die behoorlike proses om die teel van leeus in aanhouding te beëindig.