Sal Namibiese media betaal vir nuusdekking van politieke konferensies?

Namibiese media het gereageer op die ANC wat Suid-Afrikaanse mediahuise geld vra om volgende maand sy 55ste nasionale konferensie in Nasrec, Johannesburg, te dek. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Engelse dagblad, Namibian Sun, se redakteur Toivo Ndjebela, gevra wat sal Namibiese mediahuise doen as Swapo vir hulle geld vra om hul kieskonferensie se nuusdekking te hanteer. Hy het sy antwoord só verwoord.