Dwaalkoeëls tref gereeld vliegtuie op Beiroet-lughawe

‘n Passasiersvliegtuig van Middle East Airlines wat van Jordanië na Beiroet gevlieg het, is deur ‘n dwaalkoeël getref terwyl dit in Beiroet geland het. Die voorsitter van lugredery, Mohamad El-Hout , sê niemand is beseer nie. El-Hout sê dat sewe tot agt stilstaande vliegtuie jaarliks deur dwaalkoeëls getref word wat vanaf gebiede naby die Beiroet-lughawe geskiet word, maar dié voorval was die eerste keer dat dit plaasgevind het terwyl ‘n vliegtuig beweeg het. Die Libanese parlementslid Paula Yacoubian was op die vlug en het foto’s op haar Twitter-blad gedeel wat blykbaar ’n gat in die romp van die vliegtuig wys. Sy sê sy het in sitplek 2F gesit toe die voorval reg bo haar kop plaasgevind het.