Foto van katjie lei tot verminderde gebruik van plastiek

‘n Enkele foto van ‘n benoude, verdwaalde katjie het gelei tot ‘n korporatiewe revolusie wat die jaarlikse gebruik van plastiek met byna 300 duisend kilogram gaan verminder. Die katjie is gevind met plastiek-verpakking om sy nek wat begin het om in sy vel vas te groei. Die verpakking was dié van ‘n bababottel wat deur Munchkin vervaardig is. Toe die maatskappy die foto sien het hulle vir die katjie se rehabilitasie betaal en ‘n skenking aan die reddings-organisasie gemaak. Munchkin het ook diere-veilige verpakkings vir hulle produkte ontwikkel.